HIV/VIGS: IS DIT GOD SE OORDEEL?
*Hierdie pamphlet is oorspronklik geproduseer in 1985 in samewerking met die UFMCC Kommissie op Geloof, Gemeenskap, en Orde. Ds. Jennie Boyd, Voorsitter.
*Die 1994 hersienings is deur Ds. A. Stephen Peters, (c)1994 UFMCC
Is HIV 'n straf of veroordeling vanaf God? Die kort antwoord, vanaf baie gelowiges, is "Nee! Definitief nie!" Tog het sommige mense die vraag met 'n "Ja" beantwoord. Inteendeel, sommige lede van wat bekend geraak het as die radikale religeuse regse, loof God vir die tragiese epidemie wat die lewens van honderde duisende mense regoor die wêreld eis. Omrede HIV/VIGS tydens die eerste jare van die epidemie met die manlike homoseksuele gemeenskap in die westerse wêreld geassosieer is, het baie van die radikale religeuse regses hierdie pandemie gebruik as 'n wapen om hulle eie homofobiese agendas te bevorder.
Die idee dat HIV/VIGS 'n straf vanaf God is, is gebasseer op drie foutiewe aannames:
Hierdie valse aannames is die resultaat van 'n spesifieke uitkyk op die samelewing, seksualiteit, en hoe God werk in die wêreld.
Homofobie, (die onrealistiese vrees, haat, en verwerping van lesbiërs en homoseksuele mans), is gebasseer op hierdie aannames en die uitkyk op die wêreld wat dit reflekteer, sowel as op die tragiese waninterpretasie oor die bedoeling van Christus. Dit is die verantwoordelikheid van Christene om hierdie vrees en waninterpretasie te oorkom en te getuig van God se liefde en genade.
Is Homoseksuele Dade Sonde?
Daar is 'n paar gedeeltes in die Bybel wat gereken word as veroordelend ten opsigte van homoseksuele dade. Huidiglik is daar heelwat debat oor hierdie gedeeltes. Sommige Christene glo dat die gedeeltes alle homoseksuele dade veroordeel. 'n Groeiende aantal Bybel eksperts is egter oortuig dat hierdie gedeeltes slegs sekere seksuele dade wat afgodies en mishandelend is veroordeel.
Vele Bybel geleerdes glo byvoorbeeld dat die storie van Sodom en Gomorra (Genesis 19), verkragting, en nie homoseksualiteit veroordeel. Verkragting is 'n geweldadige daad en irrelevant tot liefdevolle selfde-geslag verhoudings.
Ander gedeeltes in die Bybel, soos Esegiël 16:49-50, identifiseer die sonde van hierdie stede as onregverdigheid en afgodediens. In dieselfde manier, wys sekere religeuse outoriteite daarop dat gedeeltes in die Nuwe Testament, soos I Korintiërs 6:9 en Romeine 1:24-27 verwys na seksuele gedrag wat liefdeloos en eksploitief is(soos pedofilie of die tempel prostitusie wat algemeen was in die era). Maar selfs dan, is die Christelike boodskap een van vergifnis en genesing.
Jesus het niks gesê om homoseksualiteit te veroordeel nie, maar hy het baie gesê oor geloof, hoop en liefde. Sekere gedeeltes in die Bybel, waaroor daar geen debat is nie, verseker ons dat almal toegang het tot God deur geloof.
Johannes 3:16 leer dat wie ookal glo in Christus die ewige lewe sal hê. Lesbiërs en homoseksuele mans wat glo in Christus, is deel van die "wie ookal's" (soos genoem in Johannes). Nie net verdoem die Bybel nie liefdevolle, selfde-geslag verhoudings nie, daar is ook vele positiewe beelde en verwysings na fisiese intimiteit en seksualiteit. Voorbeelde sluit die stories van Rut en Naomi, Dawid en Jonatan en die boek "Hoogliedere" in.
Veroorsaak God Lyding?
Hoekom ly mense? Alle gelowe moes hierdie vrae aanspreek. Die wêreld is vol menslike lyding wat veroorsaak word deur honger, siekte, armoede en veelvuldige vorms van onderdrukking en onregverdigheid. As hierdie dinge gebeur, beteken dit dat dit God se wil is, en, gevolglik, dat God wil hê ons moet ly?
Boosheid is 'n baie werklike mag in hierdie wêreld, 'n mag wat nie deur God geskep is nie (Markus 1:32-34). Net so, is HIV/VIGS definitief 'n verwoestende boosheid wat nie van God se wil afkomstig is nie. Dit is nie net nagereg wat beskore is vir homoseksuele mans, hemofilie-lyers, babas wat gebore is met HIV, binne-aarse dwelm-gebruikers, of enige ander persoon wat lewe met HIV/VIGS nie. Jesus het mense nooit gestraf met siekte nie, Jesus het genees. HIV/VIGS is 'n tragedie. En God ly saam met almal wat geviktimiseer word deur dit of wat geliefdes veloor as gevolg van dit.
Slegte goed gebeur. Ons ly dikwels, nie as gevolg van enige fout vanaf ons kant af nie, maar omdat die wêreld 'n onregverdige plek kan wees. God skep nie chaos of onregverdigheid nie. God bring orde uit chaos en vereis regverdigheid waar daar onregverdigheid is. God veroorsaak nie tragedie nie, maar responder op lyding met genesing. God genees soms deur fisiese herstel en soms met genade wat genoeg is om deur die lyding te groei, selfs in die aangesig van die dood (I Korintiërs 12:9).
'n Voorbeeld van God se genesende genade word goed beskryf deur 'n vrou met 'n vriend wat gesterf het aan die komplikasies van VIGS: "As 'n kind, is hy mishandel en weggegooi deur sy ma. Maar, as 'n volwassene, tydens sy laaste maande, het sy ma by hom kom bly en hom voltyds versorg. Tydens hulle tyd saam het ou wonde genees, vergifnis is gedeel en geloof het gegroei. My vriend het 'n genesende geskenk van familie en liefde wat hy nooit geken het nie ontvang."
Selfs wanneer die onregverdigheid van tragedie ons lewens inval, kan God se passievolle liefde goedheid bring in die vorm van genesing en groei. Ons kan God se genesende aanraking vind in die trane van ons hartseer en ons gille van woede. Ons kan God se genesende aanraking vind in die woorde van liefde en vertroosting wat deur ander gedeel word. Meer as alles, kan ons God se genesende aanraking vind deur die innerlike vrede wat voortspruit uit God se teenwoordigheid en beloftes. Ons weet dat God in alles werk vir die goedheid van die wat Hom liefhet. (Romeine 8:28)
Word Sonde Gestraf met Siekte?
Straf God homoseksuele mans en lesbiërs met HIV/VIGS? Hierdie is die tipe vrae wat al gevra word vir eeue voordat HIV/VIGS 'n kwessie geword het. Elke keer wat 'n misterieuse siekte of ramp 'n sekere gemeenskap tref, was daar altyd sekeres wat beweer dat God die ramp veroorsaak het as 'n veroordeling teenoor die betrokke mense.
As HIV/VIGS inderdaad 'n plaag is wat deur God na die lesbiese en homoseksuele gemeenskap gestuur is, is daar sekere tekortkominge in die plan. Daar is die kwessie van al die ander mense wat nie lesbies of homoseksueel is nie, wat ook geïnfekteer en affekteer is. Byvoorbeeld, wat is die verduideliking vir die uitmaaiing wat veroorsaak word in Sentrale Afrika, waar oordrag hoofsaaklik heteroseksueel is?
Dit is duidelik dat daar geen regverdiging is vir die voorstel dat God die lesbiese en homoseksuele gemeenskap ongunstiglik veroordeel het nie, ook nie dat God HIV/VIGS geskep het as 'n straf nie. Is alle vrouens met borskanker dan slagoffers van God se toorn? Word mense van Afrika gestraf met sikkel sel anemia? Het die Jode enige iets gedoen om Tay-Sachs sindroom te verdien?
Dit is bekend dat HIV/VIGS gemeenskappe van kleur in die Verenigde State disproporsioneel affekteer. Beteken dit dat God 'n oordeel gefel het teen mense van kleur? Meeste mense sal hierdie vrae met 'n welluidende "Nee!" beantwoord. Mense het dieselfde tipe vrae gevra tydens die tyd van Christus. Toe, net soos nou, het baie aanvaar dat lyding die direkte resultaat van sonde is. Maar Christus het hierdie aanname bevraagteken.
Terwyl Jesus gestap het, het hy 'n man gesien wat blind gebore was. Sy dissipels het hom gevra, "Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?" Jesus antwoord: "Dit is nie deur sy eie sonde en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien kan word.". (Johannes 9:1-3). Jesus het toe uitgereik om die blinde man gesond te maak. Christene moet ook die idee dat HIV/VIGS, of enige ander siekte, 'n straf is vir sonde, verwerp.
Gelowiges, soos Jesus Christus, moet uitreik met 'n genesende aanraking. Eerder as om verstaan te word as God se vergelding, word lyding 'n geleentheid vir God se liefde om gedemonstreer te word. Wanneer Christene uitreik en die met HIV of VIGS aanraak kan hulle lyding verander in 'n lewende voorbeeld van God se liefde.
Wat Is Die Verantwoordelikheid Van Gelowiges?
Terwyl vandag se kultuur dikwels focus op sonde en boosheid as 'n individuele saak, praat die Bybel dikwels van sonde as iets waarin mense betrokke is as 'n groep. Op die selfde manier, gebeur kwaad in groepe, in structure en in magte bo die individu. 'n Gelowige respons op HIV/VIGS, moet dus 'n groepsrespons wees, sowel as 'n individuele een.
As liefdevolle homoseksuele dade nie sonde is nie, en God veroorsaak nie lyding of straf lesbiërs en homoseksuele mans met HIV/VIGS nie, wat weerhou mense, in besonder homoseksuele mans en lesbiese vrouens, dan daarvan of gelowig te responder?
Een antwoord is homofobie, onrealistiese vrees, haat en verwerping van lesbiërs en homoseksuele mans.
Homofobie affekteer lesbiërs en homoseksuele mans wanneer hulle glo dat daar iets fout is met hulle eie seksualiteit. Hulle bevraagteken die geldigheid van wie hulle is en gee in aan self-haat. Die resulterende lae selfbeeld het veroorsaak dat sommiges veilige seks-praktyke verwerp het. In die geval van lesbiese en homoseksuele jeug, voorkom hierdie lae selfbeeld, wat aangeleer is van die homofobie van die dominante kultuur, soms dat hulle veilige seks praktyke van die begin van hulle sekslewens aanneem.
Gekombineerd met die gevoel van onkwesbaarheid deur siekte, wat algemeen is onder jonger mense, is dit geen wonder dat die HIV infeksie syfer onder die jeug een van die vinnigste groeiendes is van alle populasies. Mense word homofobie geleer vanaf 'n jong ouderdom deur dinge soos homoseksuele grappe en 'n gebrek aan positiewe rolmodelle. Om die vrees vir 'n mens se eie seksualiteit en identiteit in die gesig te staar is die eerste stap om die magteloosheid, wat meeste van die lesbiese en homoseksuele gemeenskap affekteer, te beëindig.
Vryheid van homofobie is 'n belangrike eerste stap in die voorkoming en eliminasie van hierdie tragiese siekte.
Jesus het gesê, "Die waarheid sal jou vry maak", (Johannes 8:32), en steeds ontken mense te maklik die waarheid, of vermy dit om te leer van HIV/VIGS as gevolg van vrees. Dit is die verantwoordelikheid van alle gelowiges om hulleself en almal wat bereik kan word op te voed. Baie mense het vrese oor die risikos om HIV/VIGS te kry; hierdie vrees kan oorkom word met feite. Met die feite oor hoe HIV oorgedra word, kan gelowiges seks-positief bly terwyl hulle HIV-negatief bly.
In die voorbeeld van Jesus, word gelowiges geroep om saam met mense met HIV/VIGS te eet en hulle huise met hulle te deel (Mattheus 25:6); om aan mense met HIV en VIGS te raak en aan hulle intimiteit te gee (Mattheus 8:2-4); en om mense met HIV en VIGS gesond te maak (Lukas 17:11-19).
'n Gelowige, intieme teenwoordigheid in die lewens van die met HIV/VIGS, om aan hulle die genesende aanraking van Jesus te getuig, is een van die grootste verantwoordelikhede van alle gelowiges.
Is HIV of VIGS 'n straf of veroordeling vanaf God?
In die verstand en harte van baie gelowiges is die antwoord duidelik, "Nee! Definitief nie!" Hierdie pandemie is 'n tragedie. Dit gee egter aan gelowiges die geleentheid om gelowige getuies tot God se liefde en genesende genade te wees, selfs in die aangesig van lyding, dood en hartseer.
BRONNE VIR VERDERE INLIGTING:
Boswell, John. Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality. Chicago: The University of Chicago Press, 1980.
Eastman, Rev. Elder Donald. Homosexuality : Not a Sin, Not a Sickness. Los Angeles: Universal Fellowship Press, 1990.
Fortunato, John E. AIDS: The Spiritual Dilemma. San Francisco: Harper & Row, 1987.
Kushner, Harold S. When Bad Things Happen to Good People. New York: Avon Books, 1981.
Russell, Letty M. The church With AIDS. Louisville, KY: Westminster/John Knox Press, 1990.
Scanzoni, Letha and Mollenkott, Virginia Ramey. Is the Homosexual My Neighbor? Another Christian View. San Francisco: Harper & Row, 1978.
Vir meer inligting:
Kontak jou plaaslike VIGS projek, nie-staats agentskap, Gemeenskapskerk of:
Universal Fellowship of Metropolitan Community Churches
P.O. Box 691728
West Hollywood, CA 90069 U.S.A.
Phone: (310) 360-8640 FAX: (310) 360-8680
www.MCCchurch.org (in Engels)