Ons Verhaal Ook...
Lees die Bybel met "Nuwe Oë"
Hierdie pamphlet is geskryf deur Ds. Nancy L. Wilson, Pastoor van die Metropolitiaanse Gemeenskapskerk Los Angeles/Lid van die Raad van Ouderlinge
Kopiereg 1992 Nancy L. Wilson
Lees van die Bybel met "Nuwe Oë"
Meeste moderne homoseksuele mans en vrouens is of bang vir die Bybel, of onbekend met die inhoud daarvan, aangesien hulle dink dat die Bybel vir hulle slegs slegte nuus inhou. Terwyl dit waar is dat die Bybel geskryf is in die konteks van patriargale, heteroseksuele kulture, kan die boodskap en verhaal van God se onkondisionele liefde in Christus die "krag van redding" wees vir homoseksuele mans en vrouens sowel as vir heteroseksuele.
'n Sterk, proaktiewe lees van die Bybel bied nuwe lewe vir lesbiërs, homoseksuele mans en hulle familie en vriende. Konsensus is aan die groei onder gerespekteerde geleerdes van die Skrif dat die Bybel nie hierdie tipe verhoudings verdoem nie. (verw. 1). Kontemporêre homoseksuele en lesbiese Christene het daarop gefokus dat die Bybel nie homoseksualiteit verdoem nie. Dit is tyd om verby die verdediging van hierdie standpunt te beweeg. Dit is nie genoeg vir die Bybel om eenvoudig nie homoseksualiteit te verdoem nie. Homoseksuele mans en vrouens moet kan sê, "Ja, dit is "Ons Verhaal, Ook!"
Oopmaak van die deure van Antieke "kaste"...
Liberale teologiese en feministiese bybelse kritiek het gewys dat die Bybel, om mense te kan bemagtig, gelees moet word vanaf die voordeelspunt van onderdrukte mense. Wanneer ons die Bybelse verhale lees met ons huidige ondervindinge, word hulle lewendig met vernude relevansie. Wat as ons net aanneem dat lesbiese en homoseksuele mense nog altyd in die Bybel was? Hulle historiese eweknieë het Moses en Miriam gevolg in die Exodus, en het saam met Jesus gestap by die See van Galilea! Lesbiërs en homoseksuele mans is orals, en was nog altyd, selfs al was hulle stil en in die kas oor hul seksualiteit.
Dit is tyd om sekere Bybelse homoseksuele, lesbiese, of biseksuele karakters en verhale duidelik te bevry van antieke "kaste". Eeue van stilbly in Bybelse kommentaar en verwysings boeke moet nou verbreek word deur 'n passievolle soektog na Bybelse waarheid oor seksualiteit. Sluit die Bybel verwysings na, of verhale oor, homoseksuele mans en vrouens in, wat in lyn is met wat historici en antropoloë weet van seksualiteit gedurende die Bybelse tyd? Die antwoord is, "Ja!". Sommige verhale is onweerlegbaar. Ander is noodsaaklik homoseksueel en lesbies. En, daar is ander stories wat merkwaardig suggestief is van selfde-geslag verhoudings. Al hierdie kan lesbiërs en homoseksuele mans bemagtig om die Bybel met vreugde aan te neem.
'n Lesbiese en Homoseksuele "Nasie"
Die boek Handelinge is 'n verslag oor die vroeë Kerk en sy pogings om 'n "onbelemmerde evangelie" (Hand. 28:31) te verkondig en te lewe. Vandag, is daar 'n groot, globale ontwaking van homoseksuele en lesbiese gemeenskappe, wat nog steeds toegang tot 'n "onbelemmerde evangelie" nodig het. Twee beslissende verhale is sentraal tot so 'n evangelie: Petrus en Cornelius (Hand. 10)en Fillippus en die Ethiopiese eunug (Hand. 8). Beide het hulle oorsprong in die profesieë van Jesaja 56. Jesaja proklameer 'n toekomstige dag wanneer Nie-Jode en eunugs ingesluit sal word in die mense van God, en hulle offerrandes "aanvaarbaar" sal wees. Die Griekse vertaling van die Hebreeuse word vir "aanvaarbaar" in Jesaja 56:7 kom ook voor in Handelinge 10:35.
'n Onverhinderde Insluitende Evangelie
In die verhaal van Petrus en die Romeinse hoofman Cornelius ('n nie-Jood), word aan Petrus 'n Goddellike openbaring gegee: ". . . God nie onderskeid maak nie, maar uit enige nasie die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is." (Hand. 10:34-35). Die woord "nasie" is eintlik die Griekse word ethnos waarvan ons die word "etnies" kry. Die term verwys na 'n ras, kultuur, of groep mense. Dus leer Petrus dat in elke ras, kultuur of groep mense, die wat God vrees en doen wat reg is, geskik is vir die doop.
Is die homoseksuele en lesbiese gemeenskap net 'n politiese wandelgang vir homoseksuele gedrag, of is dit 'n ethnos? Sekerlik is daar heteroseksuele mense wat betrokke raak in homoseksuele seks, en homoseksuele en lesbiese mense wat dalk nooit seks beoefen nie? Is homoseksuele en lesbiese mense 'n tipe van gedrag, of 'n tipe mens vir wie homo-erotiese aantrekking 'n karaktertrek is? 'n Ethnos kan gedefinieër word deur 'n gemeenskaplike geskiedenis, woordeskat, kultuur, instellings (skole, biblioteke, klubs, kerke, sinagoges, sosiale organisasies, besighede), helde, politieke leiers, geleerdes, waardes, en die vermoë om mekaar te herken selfs wanneer verswelg in 'n dominante kultuur. As dit 'n ethnos, konstitueer, is homoseksuele en lesbiese mense ingesluit in die woord "nasie" wat gebruik word in Handelinge 10. Watse bewyse van homoseksuele en lesbiese ethnos bestaan in die Bybel? Hierdie is 'n komplekse speurverhaal wat nog moeiliker gemaak word deur duisende jare se heteroseksistiese vooroordeel in sekulêre geskiedenis en Bybelse geleerdheid.
God Seën die "Onvrugbares"
Een plek om te begin is die Bybelse konsepte van onverganklikheid. Die Hebreeuse geskrifte is nie baie duidelik oor enige konsekwente konsep van lewe na die dood nie. Die primêre manier waarop 'n mens onsterflikheid sou bereik is deur jou erfgename. Die ergste lot wat iemand kon oorkom was om van jou mense "afgesny" te wees. Dit kon gebeur deur verban te word vir sekere misdade, deur publieke teregstelling, of deur te sterf sonder om enige kinders na te laat. Welvaart en om baie kinders te hê is gesien as dubbelle tekens van God se guns. (Psalm 127:3-5; 128:3-6)
Beter as Seuns en Dogters
In hierdie konteks, is vroulike onvrugbaarheid gesien as 'n vervloeking. 'n Vrou se waarde was gekoppel aan haar vermoë om aan haar man kinders te gee. Die Bybel is vol verhale van vrouens wat desperaat tot God gebid het "om hulle vrugbaar te maak" (Psalm 113:9; Genesis 30:1; I Samuel 1:10).
Onvrugbaarheid het 'n metafoor geword wat gebruik is deur die profete om Israel se ellendige kondisie te beskryf wanneer hulle verlate en vervloek gevoel het deur God. Jesaja 54 begin met 'n aangrypende verwerking van hierdie metafoor. Jesaja se profetiese boodskap herroep dan die vervloeking van onvrugbaarheid en Israel word 'n onvrugbare vrou met baie kinders. Twee hoofstukke later, gebruik Jessaja die term "droeë boom" ('n vroulike simbool van onvrugbaarheid) vir eunugs. Dit assossieer ook die term "afgesny" met eunugs. Die term "eunug" in Jesaja 56 is heel moontlik 'n generiese term wat gebruik word om mans en vrouens wat nie kinders het nie, in te sluit.
Die hoof verwysing in die wet, wat die oorsprong vir die uitsluiting van eunugs uit die tempel kan wees, is Deuteronomium 23:1. Levitikus 21:17 sê slegs die wat "ongeskaad is kan hulself voor God aanbied . . . " Dit sluit ook eunugs wat in antieke paganistiese gelowe tempel priesters was, sowel as heel moontlik kinders wat gebore is uit bloedskandige verhoudings, uit. Eindelik, verklaar Jesaja 'n insluitende verbond wat aan eunugs en onvrugbare vrouens volle deelname aan die seëninge van God en 'n "naam beter as seuns en dogters . . . 'n ewigdurende naam wat nie afgesny sal word nie.", beloof.
SOMMIGE MENSE WORD GEBORE AS "EUNUGS"
Wie was die eunugs van die Bybelse tyd? Die word, "eunug", blyk om te verwys na 'n man wat gekastreer is (dikwels om hom "veilig" te maak vir vroulike adellikes). Nietemin, is daar verwysings na eunugs as hof amptenare wat nie noodsaaklik fisiese eunugs was nie. Eunugs waarna verwys word in Genesis, Jesaja, Jeremiah en Daniël, sowel as in die Nuwe Testament, was nie almal gekastreerde mans nie. "Eunug" is 'n meer generiese woord wat onvrugbare vrouens, homoseksuele buitelandse hof amptenare en towenaars en priesters, sowel as gekastreerde mans mag ingeluit het. Gekastreerde mans was dikwels funksioneel, indien nie konstitisioneel nie, homoseksueel.
Trou is nie vir almal nie!
Jesus praat van drie tipes eunugs: "Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koningkryk van die hemel. "Wie dit kan doen, laat hy dit doen." (Mattheus 19:12)
'n Mens kan aanneem dat eunugs wat "deur mense so gemaak" is, die is wat gekastreer is. Die wat "self so gekies" het, is vrywilliglik selibaat. Wat van die, wat gebore is as eunugs? Jesus maak dit duidelik dat heteroseksuele huwelike nie die norm is vir almal nie. Hierdie belangrike opmerking deur Jesus, wat lewenstyle anders as heteroseksuele huwelike, erken, is van toepasssing op homoseksuele mans en lesbiërs.
Twee verhale van swart eunugs, albei koninklike hof amptenare, dien as voorbeeld van God se verlossingsaksie. In Jeremia 38, red 'n Ethiopiese eunug Jeremia, 'n ongetroude profeet, se lewe. Daarna, bring Jeremia 'n boodskap van God na die koning wat beskryf hoe Jerusalem gered kan word.
'n Ander Etiopiese eunug, in Handelinge 8, word gedoop deur die apostel Filippus. Die eunug lees uit Jesaja 53 (baie naby aan Jesaja 54 en 56!), 'n uittreksel van messiaanse profesie wat die lot van die Lydende Dienaar wat "afgesny" sal word van die land van die lewende, beskryf. Die eunug het die boodskap gekry dat die wat "afgesny" is, ingesluit moet word. Van daar die vraag, "Wat verhoed my om gedoop te word?" Filippus die apostel antwoord, "Niks!"
Jesus Kies 'n nuwe "familie"
Jesus Christus, in vervulling van Jesaja 53, is "afgesny" van sy mense op twee maniere: Hy is tereggestel as 'n krimineel en het gesterf sonder erfgename. Hy was 'n funksionele, as nie fisieke, eunug. Die dood en heropstanding van Jesus Christus het die ewige lewe geherdefinieer, deur dit te dissossieer met die noodsaaklikheid om kinders te produseer.
Op 'n stadium, wanneer gekonfronteer deur Sy biologiese moeder en broers, wys Jesus na sy dissipels as 'n nuwe familie, en sê: "Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder." (Markus 3:35)
Jesus het 'n Alternatiewe Lewenstyl Gelewe
Verhoudings van Jesus in die evangelies verskil grootliks van die kontemporêre sogenaamde kerngesin. Jesus was lief vir Lazarus, Maria en Martha. Wat het Jesus getrek na hierdie baie nie-tradisionele gesinsgroep bestaande uit 'n vrygesel broer wat saam met sy twee oujongnooi susters woon? Twee onvrugbare vrouens en 'n eunug is Jesus se volwasse familie van keuse. Wat as Maria en Martha nie susters was nie, maar mekaar "suster" genoem het, soos meeste lesbiese paartjies gedoen het regdeur die opgeskrewe geskiedenis?
Johannes se evangelie verwys niks minder as agt keer na die "een vir wie Jesus lief was", ook genoem die "geliefde dissipel". Geleerdes ondersoek selde die feit dat Jesus duidelik 'n spesifieke nabye vriendskap met een man gehad het. Of Jesus homoseksueel was of nie, homofobie het enige ondersoek na hierdie verhouding stil gemaak.
In werklikheid, weet die Bybel amper niks van die Post-Reformasie ideaal van monogame, lewenslange romantiese heteroseksuele huwelike nie. Die Bybel beeld die huwelik uit in terme van eiendom en besigheidstransaksies, poligamie, uitgebreide familie, stam groeperings, swaershuwelikke en ander lewenstyle. Die anti-huwelik vooroordeel in die Nuwe Testament en seks-negatiewe beklemtoning van vroeë teoloë is welbekend onder historici en studente van menslike seksualiteit.
Die nuwe Christelike gemeenskap in Handelinge sluit kinderlose weduwees, gewese prostitute, sosiale verwerptes, selibate, getroude persone, eunugs, swartes, Jode en nie-Jode in. Die wat voorheen uitgeluit is, was nou besig om die belofte van Jesaja 56 the vervul: "...my tempel sal uitgeroep word tot 'n huis van gebed vir al die volke."
"Selfde-geslag" Verhoudings in die Bybel:
Die verhale van twee prominente selfde-geslag paartjies in die Skrif voorsien homoseksuele mans en lesbiërs met Bybelse modelle van toegewyde liefde in stressvolle omstandighede.
Rut en Naomi
Die boek van Rut is 'n romantiese novelle, maar nie oor die romanse tussen Rut en Boas nie. Naomi is eintlik die sentrale karakter, en Rut is die "verlosser/held." Boas se verhouding met Rut, eerder as om romanties te wees, is 'n kwessie van familie plig en eiendom. Die verhaal bied die mees belowende belofte van verhoudingsgetrouheid tussen twee persone in die hele Bybel: "Maar Rut het geantwoord: "Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God." (Rut 1:16)
Alhoewel dit vir jare gebruik is in heteroseksule huweliks seremonies, is hierdie 'n gelofte tussen twee vrouens! Wanneer hulle mans in 'n geveg sterf, maak Rut hierdie gelofte aan Naomi, haar skoonma. Rut trou met Boas, 'n naby familielid en koop Naomi se plek in haar eie familie terug, sy skenk ook geboorte aan 'n kind vir Naomi. Het Rut en Naomi 'n lesbiese verhouding gehad? Daar is geen manier om te weet nie, maar dit is duidelik dat die twee vrouens 'n lewenslange, passievolle, toegewyde verhouding gehad het wat gevier word in die Skrif.
Verbind in 'n Gelofte van Liefde - Dawid en Jonatan
Nog 'n verhaal, die van Dawid en Jonatan, vind plaas in 'n tyd wanneer manlike krygers/minnaars algemeen was en as edel gesien is. Hierdie tragiese driehoek van passie, jaloesie en politiese intrige tussen Saul, Jonatan en Dawid, lei tot een van die mees direkte uitdrukkings van selfde-geslag liefde in die Bybel: "Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan. Jy was baie na aan my hart. Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van enige vrou." (II Samuel 1:26)
Die skrywer is duidelik in voeling met Dawid se klassieke manlike skoonheid (I Samuel 16:12) in hierdie verhaal van liefde en lojaliteit gekenmerk deur romanse (I Samuel 18:1-5), geheime ontmoetings (I Samuel 20:1-23; 35-42), soennery en huilery (I Samuel 20:12-17; 42). 'n Mens kan nie hierdie verhaal lees sonder om te dink dat Jonatan die liefde van Dawid se lewe was nie. Eeue van homofobiese Bybelse interpretasies het hulle te lank in die kas gehou! (verw. 2)
HOMOSEKSUALITEIT EN DIE BYBEL: 'N PAAR BELANGRIKE VRAE ...
Is dit al wat daar is? 'n Paar profesieë oor onvrugbaarheid en eunugs en net twee selfde-geslag paartjies? Daar is meer, en geleerdes het nodig om die moontlikhede te ondersoek:
Watse verskil maak dit?
Watse verskil maak dit vir homoseksuele mans en lesbiërs om te waag om hulle self in die Bybel te sien? Dit help om die mense van die Bybel te ken soos hulle was, en nie onrealisties te aanvaar dat hulle almal heteroseksueel was nie. In hierdie verwysings na homoseksuele mans en lesbiërs, is daar geen vervloeking, en geen kruisverwysing na homofobiese interpretasies van die verhaal van Sodom en Levitiese wette nie. Dit nooi lesbiese en homoseksuele gemeenskappe om vreesloos die Bybel te lees, om die helende en bemagtigende boodskap daarvan toe te pas in hulle lewens.
1) Konsultasie van die National Council of Churches of Christ, USA, oor "Biblical Issues and Homosexuality," Ongepubliseerde papiere, 1987. Ses berugte gedeeltes in die Bybel word gebruik teen homoseksuele mans en lesbiërs - almal moet uit konteks geneem word wanneer dit teen hulle gebruik word. 'n Duidelike, dog bondige kommentaar op hierdie gedeeltes word voorsien in die pamflet, Homosexuality: Not a Sin, Not a Sickness, deur Ds. Donald Eastman, verwys hier onder.
2) Hierdie gedeelte, "Same-Sex Relationships," is veel verskuldig aan Tom Horner se Jonathan Loved David: Homosexuality in Biblical Times, Philadelphia, Westminster Press, 1978.
3) Hierdie gedeelte, "Important Questions," is veel verskuldig aan Judy Grahn se Another Mother Tongue, Boston, Beacon Press, 1984.
Verdere Leesmateriaal:
Die volgende bronne word aanbeveel vir die wat graag meer omvattend die verwante sake wil bestudeer:
- Universal Fellowship of Metropolitan Community Churches: Homoseksualiteit en die Bybel, 1994.
- Boyd, Malcom and Nancy L. Wilson (1991). Amazing Grace: Stories of Lesbian & gay Faith. Freedom, Crossing Press.
- Eastman, Donald (1990). Homosexuality: Not a Sin, Not a Sickness. Los Angeles, Universal Fellowship of Metropolitan Community Churches.
- McNeill, John J. (1988). The Church and the Homosexual. Boston, Beacon Press. Orig. pub. 1976.
- Schüssler Fiorenza, Elizabeth (1988). In Memory of Her. New York, Crossraods Publishing Company.
- Spong, John Shelby (1991). Rescuing the Bible from Fundamentalism. San Francisco, Harper San Fransisco.
Hierdie pamphlet is gekryf deur Ds. Nancy L. Wilson, Pastoor van Metropolitan Community Church Los Angeles en Lid van die Raad van Ouderlinge, UFMCC.